Schools

Hoofde opgewonde oor nuwe skooljaar

Die Pos het met van die skole in die Bela-Bela-omgewing se hoofde gesels oor hulle vooruitsigte vir die nuwe akademiese jaar, asook die projekte waaroor hulle opgewonde is. Rhetty Matjila, Principal of Matamela Ramaphosa Secondary School: 2024 is a special year in Matamela Ramaphosa Secondary School, as it is our very first group of grade …

Die Pos het met van die skole in die Bela-Bela-omgewing se hoofde gesels oor hulle vooruitsigte vir die nuwe akademiese jaar, asook die projekte waaroor hulle opgewonde is.

Principal of Matamela Ramaphosa Secondary school, Rhetty Matjila, is excited to have their first grade 12 group.

Rhetty Matjila, Principal of Matamela Ramaphosa Secondary School:
2024 is a special year in Matamela Ramaphosa Secondary School, as it is our very first group of grade 12 learners. Our prospect is that this group will shine and surpass our expectations. We can’t wait to participate in various activities in our circuit. Towards the end of the year, we will have our first matric dance ever and we are looking forward to having a beautiful function. 2024 will come with its challenges but we trust God to intervene when human flesh is helpless. Shalom.

Die hoof van Hoërskool Warmbad, Louis Cilliers sien uit na vele nuwe projekte hierdie jaar.

Louis Cilliers, hoof van Hoërskool Warmbad:
Ons is opgewonde oor ons gr. 8-leerders wat klaar ingeskakel het by ons. Die gr. 8-kamp was die afgelope naweek, waar hulle die skoollied geleer het en begin voorbereiding doen het vir die
groentjiekonsert wat plaasvind op Donderdag 1 Februarie. Ons onderwysers is gereed vir die akademiese jaar en ons vertrou dat die ouers en die leerders hulle volle samewerking sal gee, sodat Hoërskool Warmbad ook op akademiese gebied sal floreer. Ons atlete is hard aan die oefen. Een van die hoogtepunte op ons kalender is die interhoër en die Warrie-stap waar ons die gemeenskap uitnooi om betrokke te raak by Hoërskool Warmbad. Daar gaan in September ’n baie spesiale fees geleentheid plaasvind wat niemand nog beleef het nie. Ons wil sommer nou al vra dat u betrokke raak by Hoërskool Warmbad want ons dorp word gemeet aan Hoërskool Warmbad se prestasies en ons almal wil die beste hê vir ons skool, dorp en gemeenskap. Ons sien uit na wat voorlê en ons wens al die lesers ’n voorspoedige en geseënde jaar toe.

The principal of Jinnah Park Primary School, Lesley Chaba, believes that teaching, learning and monitoring should never be compromised for the smooth running of the school.

Lesley Chaba, Principal of Jinnah Park Primary School:
As the principal of Jinnah Park Primary School, I strongly believe that 2024 will be an exciting year. I am yearning for excellence in academic performance across all grades and hoping that all the learners will be fully involved in extra and co-curricular activities. Let’s bear in mind that academic performance should be aligned to the correct state of mind hence we will strive for active participation. Teaching, learning, and monitoring should never be compromised for the smooth running of the school.

Die hoof van Laerskool Warmbad, Theron Brand, kan nie wag dat die koue, stil skoolgebou verander na ’n plek waar mens die borrelende laggeluide van opgewonde kinders kan hoor nie.

Theron Brand, hoof van Laerskool Warmbad:
Aan die begin van ’n nuwe skooljaar kan die personeel van Laerskool Warmbad nie wag om ons nuwe haasbek gr. 1 Warries te verwelkom nie. Ons kan ook nie wag dat die koue, stil skoolgebou verander na ‘n plek waar mens die borrelende laggeluide van ons opgewonde kinders kan hoor nie. Ons lewe vir ons Warrie-leerders en hier wil ons vir hulle ’n veilige, geborge tuiste skep waar hulle kan groei en ontwikkel volgens hulle potensiaal. Ons wil graag met ons ouers hande vat en saam ’n blink toekoms vir ons kinders bou, sodat ons op so ’n wyse ’n positiewe invloed op ons samelewing kan hê. Daar lê baie hoogtepunte vir die jaar voor! Elke aktiwiteit wat ons by die skool aanbied, is vir ons ’n hoogtepunt en ons wil graag vir ons leerders die geleentheid bied om deel te neem en regtig nog kind te wees. Ons bede is dat ons as ’n gemeenskap nader aan mekaar sal beweeg en sodoende ’n werklike verskil in Bela-Bela maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button