Schools

Gewilde Pram Prix sorg vir opwinding en baie aksie

Die skare jil, die pappas sweet en die kleuters skater van pure pret – dit kan net die Pram Prix wees!

Die jaarlikse Pram Prix van die Bosveldspruitjies kleuterskool in Bela-Bela, wat op Donderdag, 25 April by Hoërskool Warmbad gehou is, was weer ’n reuse sukses.

Die Pram Prix het vanjaar sowat 500 besoekers gelok en oud en jonk het die aand terdeë geniet.

Die Olifant-klas se kuipe was pragtig versier. Foto: Verskaf

Die kleuters en hul ouers het hul staal gewys en die nege klasse is in vier afdelings ingedeel: Babas (twee klasse), Juniors twee klasse), Middel (twee klasse) en Graad R (drie klasse).

Die spoedvrate het korte mette gemaak van die ovaalbaan.

Die wenners in die baba-afdeling was die Kameelperdklas met 50 lopies.

Pram Prix se ovaalbaan is gereed vir die groot wedren. Foto verskaf

In die junior afdeling het die Seekoeiklas gewen met 53 lopies en in die middelafdeling het die Rhinoklas koning gekraai met 58 lopies. Die Krokodilklas het die gr. R-afdeling gewen met 59 lopies.

Die personeel, ouers en almal wat die aand kom ondersteun het, was dit eens dat die Pram Prix hier is om te bly.

Die pappas van die Seekoei-klas was baie ywerig en het met 53-lopies die junior-afdeling gewen. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button