Schools
Laerskool Nylstroom verwelkom nuwe hoofleiers vir 2025
Die nuwe hoofleiers van Laerskool Nylstroom vir 2025 is verwelkom tydens die prysuitdeling wat op Dinsdag, 26 November in die skoolsaal plaasgevind het.
Die ouers, personeel en leerders het met groot afwagting uitgesien na die aankondiging van wie die nuwe leiers gaan wees.
Die nuwe hoofmeisie vir 2025 is Carla Erasmus en Lize van der Walt is die nuwe onderhoofmeisie.
Die seun wat in 2025 voor gaan loop, is Deniel Bloem en die onderhoofseun is Awie de Jager.
Die nuwe leiers, wat in verskeie ampte van die skool se bestuurspan sal dien, is gekies op grond van hulle leierskap, toewyding, integriteit en bereidwilligheid om die skoolgemeenskap te dien.
Laerskool Nylstroom se nuwe hoofleiers is duidelik opgewonde oor die uitdagings wat voorlĂȘ en gereed om hulle rol as leiers met volharding en passie aan te pak.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.