LettersOpinion

Die ver­keer­de hou­ding kan nie ’n dorp voor­uit neem nie

Hier en daar word iets ge­doen net om belas­ting­beta­lers se mon­de te snoer, maar dit is nou genoeg.

Da­leen Steyn­berg, Be­la-Be­la, skryf:

Die algemene ge­voel on­der Be­la-Be­la-in­wo­ners is nie po­si­tief nie — al­mal kla.

Die nu­we mu­ni­si­pa­le be­gro­ting het op Maan­dag 1 Ju­lie in werking ­ge­tree, maar die vraag op almal se lippe is: wat het van die vorige begroting se geld geword?

Die straat­naam­bor­de is steeds nie herstel nie. Daar is oral slag­ga­te, wa­ter­ver­mor­sing is al­le­daags, riool­pro­ble­me duik steeds op en straat­lig­te werk nie.

Dit het tyd ge­word dat die mu­ni­si­pa­li­teit tot ver­ant­woor­ding ge­roep word vir al­les wat ag­ter­uit gaan. Ons word ba­ie be­lo­we, maar al­les bly die­self­de.

Hier en daar word iets ge­doen net om belas­ting­beta­lers se mon­de te snoer, maar dit is nou genoeg.

Dit maak nie sin dat straat­lig­te bedags brand en nie snags werk nie. Dit is ’n mors van tyd om die klagtelyn by die munisipaliteit te skakel. Die lyn is altyd beset en wanneer jy ’n slag met iemand gepraat kry, val jou klagtes op dowe ore.

Ek vra inwoners se sa­me­wer­king. Ons moet gereeld by die owerhede kla totdat hulle sat is daarvan. Skrif­te­li­ke klag­tes help niks.

Selfs die maandeikse vei­lig­heids­ver­ga­de­ring by die Be­la-Be­la-po­li­sie­sta­sie word skraps by­ge­woon. Amp­te­na­re ver­suim om vir hier­die ver­ga­de­rings op te daag.

Daar be­hoort meer as 50 le­de teen­woor­dig te wees, maar ver­le­de maand was daar slegs 17. Die mu­nis­ip­ali­teit skit­ter in hul af­we­sig­heid en die de­par­te­men­te se afge­vaar­digdes is net so skaars.

Ons kan nie ’n dorp in stand hou met sul­ke traak-my-nie-agtige hou­dings nie.

Selfs buurt­wag­lede, Es­kom en vei­lig­heids­on­der­ne­mings is traag om dié vergade­rings by te woon. El­ke rol­spe­ler ont­vang tog maan­de­liks ’n ken­nis­ge­wing van dié ver­ga­de­ring. Nie­mand kan sê dat hul­le nie daarvan ge­weet het nie.

Ek spreek my dank uit teenoor die le­de wat die moei­te doen om daar te wees.

Ek wil weer ’n be­roep doen op in­wo­ners om aan te hou om hul klagtes na my te SMS by tel. 082 787 5067. Ek sal aan­hou tot­dat dit deur­dring na die ver­ant­woor­de­li­ke per­soon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button