LettersOpinion

Sakekamer maak beswaar oor tariewe

Die sa­ke­ka­mer sal ’n for­me­le be­swaar by die mu­ni­si­pa­li­teit in­dien.

Gerhardt Breytenbach, Waterberg-sakekamer, Modimolle, skryf:

Die Modi­mol­le-Mook­go­phong-mu­ni­si­pa­li­teit het op Vry­dag 21 Junie ’n ken­nis­ge­wing in Die Pos geplaas wat die ge­meen­skap ­nooi om bin­ne 30 dae ná die da­tum van die ad­ver­ten­sie.kom­men­taar op die voor­ge­stel­de ta­rie­we- en be­las­tings­be­leid (rates and taxes policy) te lewer.

Die Wa­ter­berg-sa­ke­ka­mer het sy kom­mer oor die mo­tief van die ad­verten­sie, as­ook die in­houd van die be­leid self, uit­ge­spreek en ook aan­ge­dui dat die sa­ke­ka­mer ’n for­me­le be­swaar by die mu­ni­si­pa­li­teit sal in­dien.

Vol­gens die sa­ke­ka­mer se be­stuur han­del hul kom­mer on­der­ meer oor die vol­gen­de:

  • Die ad­ver­ten­sie dui aan dat die be­leid vir die 2019/2020-boekjaar op­ge­stel en ge­ad­ver­teer word ter­wyl die raad reeds die be­gro­ting en be­leid vir die 2019/2020-boekjaar goed­ge­keur het.
  • Re­si­den­siële eien­dom­me sal voort­aan ook klein­hoe­wes in­sluit, wat sal be­te­ken dat klein­hoe­wes op die­self­de skaal as re­si­den­siële eien­dom­me be­las sal word ter­wyl klein­hoe­we-eie­naars nie dieself­de voor­de­le van diens­te soos paaie en straat­lig­te ont­vang nie.
  • Die ver­skil­len­de ver­hou­dings waar­in die on­der­skeie ka­tego­rieë eien­dom­me be­las sal word, word geen­sins in die be­leid ge­open­baar nie, wat die pri­mêre doel van die be­leids­do­ku­ment ver­ydel.

Die me­ning word daar­om ge­hul­dig dat die voor­ge­stel­de be­leid nie aan die mi­ni­mum­ver­eis­tes van ’n be­hoor­li­ke be­leid vol­doen nie en dat die be­leid daar­om moontlik on­wet­tig en on­gel­dig is. Le­de van die ge­meen­skap word aan­ge­raai om die be­leid, wat op die mu­ni­si­pa­li­teit se amp­te­li­ke web­blad be­skik­baar is, na te gaan en soort­ge­lyke be­swa­re by die mu­ni­si­pa­li­teit in te dien.

Dit is veral belangrik vir georganiseerde landbou en kleinhoewe-eienaars.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button