LettersOpinion

Verkeersdepartement verbeter nie

Sig­ba­re ver­keers­wets­toe­pas­sing is steeds ’n pro­bleem.

Karel Niewenhuis, adjunk- provinsiale leier, Vryheidsfront Plus, skryf:

Die on­be­vre­di­gen­de si­tua­sie by die ver­keers­de­par­te­ment in Modi­mol­le het ondanks ver­skeie ver­soe­ke nie ver­be­ter nie.

Sig­ba­re ver­keers­wets­toe­pas­sing is steeds ’n pro­bleem. Beamp­tes ont­vang ’n maan­de­lik­se toe­laag wat vir pa­trol­lie­diens aan­ge­wend moet word. Hier­die toe­lae word vir per­soon­li­ke doel­ein­des ge­bruik, as­ook die koop van mo­tor­voer­tuie. Laas­ge­noem­de is in ’n prys­klas on­be­kos­tig­baar vir die­ge­ne met ’n mark­ver­wan­te sa­la­ris. Goed­ko­per pa­trol­lie­voer­tuie, dui­de­lik ge­merk, moet hier­die prak­tyk sum­mier ver­vang. Die by­stand­toe­laag wat ver­keers­be­amp­tes ont­vang, kan ewen­eens be­vraag­te­ken word.

Die moont­lik­heid be­staan dat mo­to­rryers on­skul­dig be­boet word om­dat die spoed­me­ter­ap­pa­raat nie, soos be­paal deur ver­keers­wet­ge­wing, geyk is nie. Dieselfde geld vir die rem­toets­ap­pa­raat by die Modi­mol­le-toets­sta­sie.

Die VF-Plus het ook ver­skeie klag­tes ont­vang van taxi’s wat in Tha­bo Mbe­ki­straat in die mid­del van die pad pas­sa­siers op- en af­laai en so­doen­de pad­ge­brui­kers in ge­vaar stel. Daar­by het ta­xi’s in die­self­de straat hul­le on­reg­ma­tig staan­plek toe­geëien. In geen ge­val het die ver­keers­de­par­te­ment op­ge­tree nie.

Die ad­mi­ni­stra­sie laat ook veel te wen­se oor. Uit ’n steek­proef, deur die VF-Plus ge­doen, het ge­blyk dat daar wei­nig aan­dag ge­gee is aan dag­vaar­di­ngs wat vir ’n tyd­perk van 12 maan­de vir ver­keers­oor­tre­dings uit­ge­reik is. Die­self­de geld vir on­wil­lige en on­pro­fes­sio­ne­le op­tre­de van amp­te­na­re in die li­sen­sie­kan­toor. Le­de van die pu­bliek word nie hof­lik op die op­ont­houd in die uit­reik van li­sen­sies ge­wys nie. Klag­tes word ver­al van be­jaar­des ont­vang wat soms maan­de moet wag vir die uit­reik van ’n be­stuurs­li­sen­sie.

Die po­li­tie­ke wil ont­breek by die voor­sit­ter van die ge­meen­skap­dien­ste se por­te­feul­jeko­mi­tee om teen die be­stuur van die ver­keers­de­par­te­ment op te tree. Oog­lo­pend dra die ag­ba­re lid nie ken­nis van die werk­ver­rig­ting van ’n ver­keers­de­par­te­ment nie. Aan­slui­tend hier­by vind aan­stel­lings van amp­te­na­re in toe­sig­hou­den­de hoe­da­nig­heid nie altyd op me­rie­te plaas nie.

Die VF-Plus be­skik tans slegs oor die voor­sit­ter­skap van die fi­nan­siële oor­sig­ko­mi­tee. In­dien die VF-Plus se inset ver­groot word, sal dit ’n aan­sien­li­ke ver­skil maak in die be­stuur van on­der meer die ver­keers­de­par­te­ment. Die aan­ge­leent­heid is reeds met die VF-Plus se ver­teen­woor­di­ger by die pro­vin­sia­le wet­ge­wer be­spreek. Daar word in voor­uit­sig ge­stel om die saak met die pre­mier op te neem.

Ek ver­wel­kom eni­ge na­vrae of klag­tes met be­trek­king tot bo­staan­de. My sel­foon­nom­mers is tel. 063 088 7188 of tel. 079 194 4126.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button