
Stieler van Eeden, Bela-Bela, skryf:
Ek wil met hierdie brief my dank uitspreek teenoor ’n man wie se naam vermoedelik Tsepo is.
Hy is ’n werknemer van The Courrier Guy in Bela Bela.
Ek ry op 71 nog gereeld fiets en neem ook aan fietswedrenne deel.
Ek was op Maandag 16 Julie met my daaglikse oefenprogram in die Roodepoort-omgewing besig. Ek het egter onverklaarbaar duiselig geraak en van my fiets afgeval en my bewussyn verloor.
Toe ek weer my bewussyn herwin het, het ’n man met die naam Tshepo by my stilgehou in ’n amptelike voertuig van The Courier Guy. Hy het nie geskroom om my te help nie, my fiets agterin sy voertuig gelaai en my na my huis geneem waar my buurman my dadelik na dr. Gerhard Grobler geneem het vir ’n ondersoek en om my wonde te behandel.
Ek wil my hartlike dank aan al hierdie mense uitspreek. Julle meelewing en hulp word opreg waardeer.
Ek sal dalk nou ’n ander soort oefening moet oorweeg.