Moedelose belastingbetaler, Bela-Bela, skryf:
Baie geluk aan Charles Weber wat besluit het om in Die Pos van Vrydag 20 September te skryf oor die “stinkende toestand” van Bela-Bela.
Dit is werklik ’n skande dat die betrokke mense by die plaaslike munisipaliteit nie al daarvan werk gemaak het nie.
Ons as belastingbetalers moet aanhou protesteer en geen steen onaangeroer laat om die verantwoordelike mense tot verantwoording te roep nie.
Die voortbestaan en vooruitgang van ons dorp is afhanklik van toerisme en hierdie growwe nalatigheid sal mense ontmoedig om hier te vertoef en geld te bestee.
You can read the full story on our App. Download it here.