LettersOpinion

Munisipaliteit het rede tot kommer

Waarom word miljoene vir dienste nie ingevorder nie?

Daleen Steynberg, Bela-Bela, skryf:

Die berig in Die Pos van Vrydag 25 Oktober onder die opskrif “Kommer oor munisipale geldsake” het betrekking.

Na my mening moes die opskrif eintlik gewees het: “’n Krater van kommer oor munisipaliteit se verlore belastinggeld van die afgelope paar jaar.”

Tinus Ras, die DA-kandidaat, het my simpatie, maar hy kry nie veel uitgerig nie.

R80 miljoen se skuld is nie kleingeld nie en dit gaan van ons belastingbetalers verhaal word. Die res van die arme finansiële komitee wis van geen sout of water nie.

Waarom word miljoene vir dienste nie ingevorder nie?

Hierdie hele gemors moet voor die deur van die voormalige munisipale bestuurder gelê word. Waarom is daar nie teen hom opgetree nie? Hy is bloot na ’n ander munisipaliteit oorgeplaas.

Ek voel sleg wanneer inwoners my skakel om probleme te rapporteer en niks word daaraan gedoen nie. Daar is berge se skriftelike klagtes wat ek al jare lank weekliks namens inwoners aanmeld.

Wat moet ons inwoners doen aan hierdie agteruitgang? Gee asseblief raad en hulp.

Stuur steeds jul klagtes aan my by tel. 074 199 7338 of per Whatsapp na tel. 082 787 5067.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button