LettersOpinion

Res­tau­rant­pry­se moet aanpas

Ek gun eetplekke die wins wat hulle maak, maar regtig, R24 vir ’n blik­kie koel­drank is be­lag­lik.

A­no­niem, Be­la-Be­la, skryf:

Dit is aan­vaar­baar dat eet­plekke uit­ga­wes het, sa­la­ris­se be­taal en dan ook ’n wins moet maak, maar ’n mens wonder tog oor die pry­se wat ge­vra word.

E­tes is duur, maar ek wil in be­son­der praat oor die prys van koel­drank.

Ek was verstom om te sien dat sekere plekke R24 vir 300 ml Coke Zero ­vra. Groot­han­del­pry­se vir die­self­de koel­drank is R7 en win­kel­pry­se wis­sel tussen R9 en R11.

Eet­plek­ke se prys wis­sel tus­sen R13 en R18.

’n Mens kan ver­staan dat die pry­se aan­ge­pas word vir be­derf­b­are i­tems, maar koel­drank val se­ker­lik nie hier­on­der nie.

Ek gun eetplekke die wins wat hulle maak, maar regtig, R24 vir ’n blik­kie koel­drank is be­lag­lik.

Men­se en on­der­ne­mings er­vaar moei­li­ke ty­e en hier­die pry­se is moont­lik een van die re­des waar­om eet­plek­ke swaar­kry.

Ons ge­wo­ne men­se kan net nie meer be­kos­tig om uit te eet en R24 vir ’n blik­kie te be­taal nie.

Kom ons kom me­kaar te­ge­moet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button