LettersOpinion

Soek oplossings op plaaslike bodem

Om te skel oor ge­brek­ki­ge diens­le­we­ring is mak­lik. Maar wat word ge­doen om dit te ver­be­ter?

Wa­ter­berg­se be­las­ting­be­ta­ler, Be­la-Be­la, skryf:

Daar is om­trent el­ke week ’n brief in Die Pos van ’n po­li­tie­ke par­ty of be­lang­e­groep wat na­sio­naal sake aan­roer.

In elk­een van die brie­we word die re­ge­ring of die re­ge­ren­de par­ty oor die ko­le ge­haal vir hoof­saak­lik on­ge­wens­de om­stan­dig­he­de wat op na­sio­na­le vlak on­der­vind word.

Die kwessies wat in daar­die brie­we aan­ge­roer word, is die­self­de as dit wat ook in die dagblaaie ge­lees kan word.

Ek sou verwag om eerder in ’n plat­te­land­se streek­koe­rant te lees van plaas­li­ke knel­len­de om­stan­dig­he­de ra­ken­de mu­ni­si­pa­li­tei­te en, van meer be­lang, wat daar­die po­li­tie­ke par­ty­e en be­lang­e­groe­pe doen om die on­ge­wens­de om­stan­dig­he­de uit te ska­kel.

Om te skel oor ge­brek­ki­ge diens­le­we­ring is mak­lik. Maar wat word ge­doen om dit te ver­be­ter?

Soms word die ge­meen­skap op­ge­roep om by­voor­beeld ’n slag­gat te help op­vul of om rom­mel in ’n park op te ruim.

Waar­om moet die pu­bliek help met die le­we­ring van mu­ni­si­pa­le diens­te ter­wyl ons eien­doms­be­las­ting be­taal juis so­dat die mu­ni­si­pa­li­teit ook daar­die diens­te kan le­wer?

Laat daar­die po­li­ti­ci en die be­lang­e­groe­pe eer­der hul staal wys deur mu­ni­si­pa­li­tei­te kort te vat en te dwing om hul plig­te na te kom en so­doen­de ge­loof­waar­dig­heid te kweek.

Mu­ni­si­pa­le raads­le­de kan ons be­las­ting­geld in hul ge­meen­skap­pe te­rug­ploeg deur mins­tens die helf­te van hul maan­de­lik­se toe­laes aan te wend vir die op­rig­ting van be­hoor­li­ke straat­naam­bor­de en ver­keers­te­kens.

So­doen­de kan ’n ge­deel­te van ons be­las­ting­geld tot ons voor­deel aan­ge­wend word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button