LettersOpinion

Mis­luk­te landboupro­jek­te rem die vooruitgang van land­bou, sê party

Meer as 20% van die huis­hou­dings in Suid-Af­ri­ka het nie vol­doen­de toe­gang tot voed­sel nie.

Tam­my Breedt, VF Plus-LP en hoof­woord­voer­der, skryf:

Mis­luk­te en half­ge­bak­te land­bou­pro­jek­te van die re­ge­ring, soos die A­gri­par­ke-pro­jek, is ’n rem­skoen vir ge­or­ga­ni­seer­de land­bou en een van die groot re­des vir die mis­luk­king van op­ko­men­de swart boe­re.

Suid-Af­ri­ka se boe­re is tans uit­ge­le­wer aan ui­ter­ste weers­om­stan­dig­he­de en droog­tes, as­ook aan mis­luk­te de­par­te­men­te­le pro­jek­te wat nie­mand in die land­bou­sek­tor op­hef of help nie.
Kom­mer­sië­le boe­re moet on­der­steun en be­skerm word om die no­di­ge werk­ge­leent­he­de te skep en uit te brei om so­doen­de vol­hou­ba­re lan­de­li­ke e­ko­no­mie­ë te ont­wik­kel en om voed­sel­se­ker­heid te be­ves­tig.

Die fo­kus van die de­par­te­ment van land­bou bly eg­ter op on­rea­lis­tie­se pro­jek­te soos A­gri-­par­ke wat goed lyk op pa­pier, maar in werklikheid on­uit­voer­ba­re mis­luk­kings is.

Meer as 20% van die huis­hou­dings in Suid-Af­ri­ka het nie vol­doen­de toe­gang tot voed­sel nie en daar­om moet voed­sel­se­ker­heid be­skerm word deur kom­mer­sië­le land­bou te sti­mu­leer en te ont­wik­kel.

Die nu­we saam­ge­stel­de de­par­te­ment van land­bou, bos­bou en vis­se­ry­e, as­ook lan­de­li­ke ont­wik­ke­ling en grond­her­vor­ming, moet ’n be­hoor­li­ke ska­kel op na­sio­na­le-, pro­vin­sia­le- en mu­ni­si­pa­le vlak be­werk­stel­lig om te ver­hi­nder dat pro­jek­te nie tus­sen die kra­ke weg­raak en ’n teel­aar­de vir kor­rup­sie word nie.

Dit is be­lang­rik dat ver­kry­gings­pro­ses­se kor­rek funk­sio­neer en wet­ge­wing ge­hoor­saam word om se­ker te maak dat die po­li­tie­ke wil daar is om no­di­ge ver­an­de­ring­e te bring en van pro­jek­te ’n suk­ses te maak.

Groot dro­me kan wel ge­droom word, maar as die reg­te en soms on­ge­wil­de be­slui­te nie ge­neem word nie, sal Suid-Af­ri­ka se men­se al­tyd hong­er ly.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button