LettersOpinion

TLU SA maak ge­reed vir hof­stryd

Die e­nig­ste saak van be­lang is dat grond ont­ei­en moet word ten spy­te van meer­vul­di­ge voor­beel­de van hoe dit weens kor­rup­sie, on­kun­de en gie­rig­heid mis­luk het en nie tot voor­deel van Suid-Af­ri­ka is nie.

Louis Meintjes, president, TLU SA, skryf:

TLU SA maak ge­reed om grond­eie­naars by te staan in sa­ke ra­ken­de ont­eie­ning son­der ver­goe­ding.

Dit volg ná Woens­dag 6 No­vem­ber se sa­me­spre­kings met die ad hoc-ko­mi­tee wat deur die par­le­ment aan­ge­stel is om voor­stel­le in te dien oor hoe art. 25 van die grond­wet — wat han­del oor ont­eie­ning son­der ver­goe­ding — aan­ge­pas moet word.

Dit is dui­de­lik dat die ko­mi­tee se fo­kus uit­sluit­lik is hoe die wet ge­wy­sig moet word en nie wat die ge­vol­ge van die wy­si­gings sal wees nie.

E­ni­ge in­set­te van be­lang­heb­ben­de rol­spe­lers wat land­bou­ers ver­teen­woor­dig is tel­kens een­vou­dig af­ge­maak as onbelangrik.

Dit is ui­ters kom­mer­wek­kend dat as­pek­te soos die uitwerking op die e­ko­no­mie, be­leg­gings­on­se­ker­heid, gra­de­rings deur kre­diet­a­gent­skap­pe en die heel be­lang­rik­ste, voed­sel­se­ker­heid, geen ge­wig dra in hier­die pro­ses nie.

Die e­nig­ste saak van be­lang is dat grond ont­ei­en moet word ten spy­te van meer­vul­di­ge voor­beel­de van hoe dit weens kor­rup­sie, on­kun­de en gie­rig­heid mis­luk het en nie tot voor­deel van Suid-Af­ri­ka is nie.

Die stoom­rol­ler­pro­ses om die wy­si­ging aan die par­le­ment voor te lê, is ook on­der ver­den­king.

Die ko­mi­tee stel voor dat ’n kon­sep­wet teen Woens­dag 27 No­vem­ber klaar ge­skryf is, waar­na dit teen mid­del De­sem­ber en die be­gin van Jan­ua­rie aanstaande jaar vir vier we­ke vir o­pen­ba­re kom­men­taar be­skik­baar sal wees.

Openbare verhore vind in Fe­brua­rie plaas en op 20 Maart aanstaande jaar sal dit fi­naal by die ko­mi­tee wees voor­dat dit op 31 Maart aanstaande jaar aan die par­le­ment voor­ge­lê sal word.

TLU SA het reeds aan­be­ve­lings op in­ter­na­sio­na­le vlak en van in­ter­na­sio­na­le regs­ken­ners ont­vang, en sal dit so spoe­dig as moont­lik be­kend maak.

Dit is eg­ter dui­de­lik dat die ko­mi­tee die pro­ses as ’n for­ma­li­teit be­skou en dat die wy­si­ging nou slegs deur ge­meen­skaps­druk en li­ti­ga­sie be­veg kan word.

Ons doen daar­om ’n be­roep op Suid-Af­ri­ka­ners wat be­sorg is oor die be­sker­ming van land­bou, voed­sel­se­ker­heid en eien­doms­reg om TLU SA se Eien­doms­reg­fonds te on­der­steun en te ver­sterk vir die ko­men­de hof­sa­ke.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button