Gawie Richter van Modimolle skryf:
Ons wou op Dinsdag 6 Oktober om 10:00 pos by die Modimolle-poskantoor se losstaande posbusse gaan uithaal.
Dit het die vorige aand gereën en rioolwater het die hele vloer vol gelê. Dit het só gestink dat ons moes omdraai.
’n Mens kan nie glo dat die posmeester en amptenare dit gelate aanvaar en niks daaromtrent doen nie.
’n Mens stel jouself bloot aan gesondheidsgevare as jy die posbusse in Modimolle besoek. Die posbusse is dus ontoeganklik vir inwoners.
Die personeel dra blykbaar maskers teen die stank en nie om Covid-19 te bekamp nie.
- Die Pos het die klagte aan Die Poskantoor gestuur, maar geen terugvoer ontvang nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.