LettersOpinion

Brief: Dankie vir baie insiggewende brief in Die Pos oor treine

Ons land is in ’n gemors waaruit ons nie gou sal kom nie; dus is die kanse uiters skraal dat Transnet die skade aan hierdie spoorlyn sal herstel.

Kobus Versfeld, Pienaarsrivier, skryf:

Ek het die brief van Stieler van Eeden in verlede week se Pos-koerant baie insiggewend gevind.

Ek het onlangs navrae oor dieselfde saak na Die Pos se Ons Hoor-kolom gestuur. Ons het grootgeword in ’n era waar alles gerespekteer moes word.

Enige verbetering of vernuwing was vooruitgang en is met sorg instand gehou. Dit is ’n enorme projek wat etlike miljarde sal kos om die spoorlyn se elektriese kabels en bobaangeleiers te vervang.

Dit is iets wat ons land allermins nou kan bekostig. Stieler, baie dankie vir jou leersame mededeling van die elektrifisiëring van dié spesifieke gedeelte in die 1980’s.

Ek glo in my hart dat vir jou ’n dolk in die hart moet wees om te sien hoe bestaande infrastruktuur, wat doeltreffend werk, deur vandale (koperjagters) vernietig word en hoe jou handewerk tot niet gaan.

Ons land is in ’n gemors waaruit ons nie gou sal kom nie; dus is die kanse uiters skraal dat Transnet die skade aan hierdie spoorlyn sal herstel.

My mening is dat daar binnekort gepoog sal word om al daardie staalpale wat die geleiers gedra het, ook as skrootmetaal te probeer verkoop.

Baie dankie vir jou inligtingsbrief. Ek het dit terdeë geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button