LettersOpinion

Brief: Gee swaarste straf vir kabeldiefstal

Kabeldiefstal plaas reeds sukkelende munisipaliteite onder groter finansiële druk.

Kobus Hoffman, Vryheidsfront Plus-LPW, Gauteng, skryf:

Die VF-Plus in Gauteng vra die maksimum strafoplegging vir kabeldiefstal, veral aan skroothandelaars wat hulle aan medepligtigheid van dié misdryf skuldig maak.

Die VF-Plus het die afgelope dae verskeie gebiede in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark en Vereeniging) besoek waar kabeldiefstal voorgekom het.

Kabeldiefstal plaas reeds sukkelende munisipaliteite onder groter finansiële druk.

Sedert die wysiging in die Strafproseswet in 2015 om sekere optrede as statutêre misdaad te verklaar, is kabeldiefstal baie meer verreikend as net gemeenregtelike diefstal.

Mense wat skuldig bevind word aan kabeldiefstal, kan ’n vonnis van minimum 30 jaar tronkstraf opgelê word.

Skroothandelaars en handelaars in twee- dehandse goedere kan aangekla word van die besit van gesteelde infrastruktuur. ʼn Boete van R100 miljoen kan opgelê word.

Die enigste manier om hierdie soort misdaad te keer, is deur maksimumvonnisse aan skuldiges op te lê om so ’n boodskap te stuur dat dit nie geduld sal word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button