Letters

Brief: Sakekamer ondersteun skorsing van munisipale amptenare

Die Sakekamer is optimisties oor die nuwe munisipale bestuurder, Ben Thobela, wat sedert sy aanstelling poog om die chaos in die bestuur van die munisipaliteit reg te stel.

Gerhardt Breytenbach, voorsitter van die Waterberg-sakekamer skryf:

Die Sakekamer neem met verwagting kennis van die skorsing van twee direkteure en twee bestuurders by die plaaslike Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit.

Ons hoop dat die formele ondersoeke, wat ingevolge munisipale wetgewing binne 90 dae voltrek moet word, so spoedig moontlik afgehandel sal word. Veral aangesien die geskorste persone met volle voordele geskors is hangende die ondersoek.

Die Sakekamer is optimisties oor die nuwe munisipale bestuurder, Ben Thobela, wat sedert sy aanstelling poog om die chaos in die bestuur van die munisipaliteit reg te stel. Dit wil voorkom asof hy ag slaan op insette van gemeenskapsforums en aandag gee aan probleem aspekte. Ons ondersteun Thobela in sy pogings om korrupsie uit te roei en swak dienslewering om te keer.

Dit is daarom dat ons ook versigtig optimisties is oor raadslede, van teenoorgestelde politieke kampe, wat skynbaar hierdie skoonmaak proses ondersteun.

Dit sal verblydend wees as politici hul eie politieke agendas opsy skuif en uiteindelik die dorp en gemeenskap se belange voorop stel.

Die dreigemente aan die munisipale bestuurder bly egter ’n bron van kommer waarteen die Sakekamer hom ten sterkste uitspreek. Sulke onderduimse aksies is onaanvaarbaar en hou groot gevare in vir dienslewering en ’n demokrasie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button