Letters

Brief: Waterlek uiteindelik herstel ná volgehoue druk

Gebrekkige dienslewering ten opsigte van riolering, watervoorsiening en vullisverwydering is van die sake waaroor inwoners ontstig is.

Hendrik Kotze, AfriForum-distrikskoördineerder Waterberg, skryf:

’n Waterlek by die Nyl-pompstasie – wat die Mookgophong-gemeenskap se krane laat droogloop het – is nou herstel danksy die volgehoue druk van AfriForum se Naboomspruit-tak. Inwoners van Mookgophong was etlike dae sonder water, maar AfriForum het help toesien dat die lek uiteindelik vroeg hierdie week herstel is.

Dié sukses volg na aanleiding van verskeie skrywes wat die tak aan die munisipale bestuurder van die Modimolle-Mookgopong Plaaslike Munisipaliteit gestuur het. Daarin is op die onverwylde herstel van dié waterlekkasie aangedring.

Diensleweringsprobleme in dié munisipaliteit is egter nie net tot Mookgophong beperk nie. Die Roedtan- en Thusang-gemeenskappe het by ’n gemeenskapsvergadering wat op Donderdag 5 Oktober gehou is, ook hul ontevredenheid met die plaaslike munisipaliteit se swak dienslewering uitgespreek. Gebrekkige dienslewering ten opsigte van riolering, watervoorsiening en vullisverwydering is van die sake waaroor inwoners ontstig is.

AfriForum se plaaslike strukture is gereed om dié kwessies aan te pak en volgehoue druk op die plaaslike munisipaliteit toe te pas om sodoende toe te sien dat die gemeenskap in krisistye ondersteun word.

Raak vandag by die plaaslike AfriForum-tak betrokke. Stuur ’n e-pos aan: tesourier.naboomspruit@afriforumtak.co.za (.)

Related Articles

Back to top button