Soetdoringstreek Handvlytskou


Plek: Potgietersrus VLU-saal op die skouterrein
Datum: 17 en 18 Oktober 2018
Inskrywingsfooi: R10 per artikel
Inskrywings moet skoon en nuut vertoon en word gedoen op Maandag 15 Oktober 2018 tussen 09h00 en 15h00 by die VLU-saal.
VLU-lede mag hul eie handewerk verkoop op 17 en 18 Oktober.
Kontak die skoukomitee voor 1 Oktober vir bespreking. Martie 083 446 5343 of Joan 082 787 3766.
Kompetisielys
A. Gebak:
Suurdeeg gebak:
- Rosyntjiebrood
- 6 Noenmaalrolletjies, lank, effens ovaal, nie rond nie. Ongeveer 80mm lank
Vinnige meelmengsels:
- 6 Ontbytskons. 35 – 40mm hoog, 50-70mm deursnee.
- 6 Gedroogde gesondheidsbeskuite, mag gebreek of gesny wees.
- Bostonbrood
Klein gebak:
- Macaroons (’n tradisionele Franse fyngebak)
6 macaroons, almal een kleur, met bypassende geur, 3 gevul en 3 ongevul. - Eenvoudige droë koekies. Drie soorte, drie van elke soort.
Koeke:
- Switserse rolkoek. Fyn konfytvulsel, geen versiering, mag met suiker gestrooi word.
- Onversierde sjokolade-laagkoek met ’n vulsel.
Kleingebak met tertdeeg:
- Palmiers (Elephant Ears) – 6 koekies, lugdig verpak. Geen byvoegings.
- 6 Ongevulde tertdoppies.
- 6 Kaastrootjies lugdig verpak. 70-100mm lank.
Suiderkuns:
- 6 Cupcakes, versier met ’n tema.
B. Preservering:
Aanbieding in geskikte flesse met nuwe deksels, lugdig verseël.
- Fyn tamatiekonfyt.
- Lemoen repiesmarmelade.
- Piesang-blatjang.
- Kerrieboontjies.
- Tuisgemaakte mayonnaise, ongekook, gemaak van eiergeel, geurmiddels, asyn en olie.
- Gouestroop.
- Wildsbiltong – twee heel stukke.
C. Lekkers:
- Turkse lekkers. 3x wit en 3x pienk blokkies, aangebied in digsluitende bakkie. Blokkies ongeveer 20 x 20 x 20mm.
- Grondboontjie broslekkers (Peanut Brittle).
1 blok, ongeveer 12cm x 8cm. Lugdig verpak.
D. Breiwerk:
- Damestrui vir ’n volwassene.
- Moulose mansoortrektrui (Pullover)
- Bababaadjie.
- ’n Stel Moffies.
- Kindertrui met motiefbreiwerk (Intarsia)
- ’n Ronde lap in kantbreiwerk, maksimum deursnee 50cm.
E. Hekelwerk:
- Babaskoentjies.
- Gestyfde snuisterye.
- Moulose los oortrui in kreatiewe kanthekelwerk.
- Vier plekmatte in Tunisiese hekelwerk ongeveer 28 x 42cm.
- Kniekombers – minimum 160cm x 80cm.
- Houer in tapestry crocket.
- Doilie met tekstielmiddelsirkel vir melkbeker of suikerpot. Gebruik draad of plastieksirkel waar tekstiel en hekelwerk las.
F. Borduurwerk:
- ’n Klein muurprent versier met oppervlaksteke – maksimum-grootte 30cm langste sy of deursnee.
- Boekoortreksel versier met kruissteek-variasies.
- Tafeldoek met masjienborduurwerk.
- Muurprent in Lintborduurwerk.
- Kussingoortreksel versier met kerspitwerk.
- ’n Artikel in swartwerk.
- ’n Artikel in Hardangerwerk.
- ’n Artikel in saamtrekwerk.
G. Masjienwerk:
- Kniebroek vir ’n dame.
- Sweetpakbostuk vir ’n tiener of volwassene (Hoodie)
- ’n Informele manshemp.
- ’n Stel slaapklere vir ’n kind.
- Drasak met ’n kombinasie van laslap en kwiltwerk.
- ’n Sagte speelding van materiaal gemaak.
H. Kuns:
- Houtskool – wildedierkop.
- Modelleer ’n ornamentele beeldjie.
- Skilder – Blomme in waterverf.
- Muurprent in drie panele in akrielverf.
J. Handvlyt:
- Hoogreliëf in seep.
- Juwelekissie versier met gemengde media.
- Potstaander versier met mosaïekwerk.
- Verfwerk op tekstiel.
- Portretraam versier met Chalk Paint.
- Selfgemaakte geskenkdosie.
