Sport

Vliegdag weer ’n groot sukses

Die jaar­lik­se Taildragger Fly In wat die af­ge­lo­pe na­week in Mo­di­molle ge­hou is, het weer oud en jonk met blink oë na vlieg­tuie, heli­ko­pters en an­der enjins wat swaar­te­krag troef, laat kyk.

Vlieg­tuie van reg­oor die land het in­ge­vlieg om aan die ge­wil­de same­koms deel te neem, met som­mi­ge van die vlieë­niers wat in ten­te langs die vlieg­veld oor­nag het.

Kayle Wooll, wat Boeings vir Cathay Pacific vlieg en in Hong Kong woon, het spe­siaal ­ge­kom om die dag by te woon, het Ma­riët­te Ni­chol­son, een van die or­ga­ni­seer­ders, ge­sê. Hy het sy Extra300-vlieg­tuig van­af Har­te­bees­poort­dam af in­ge­vlieg. Hy en Jason Beamish, wêreld­kam­pioen in ak­ro­ba­tie­se vlieg, het sy-aan-sy ge­vlieg.

Die legendariese vlieëniers Scully Levine en Arnie Meneghelli, beter bekend as die “Flying Lions” het die toeskouers na hul asems laat snak in hul Harvard-vliegtuie en het hul min aan swaartekrag gesteur.
Foto: Wimpie Gerber

 

Die oud­ste vlieg­tuig wat die dag mee­ge­maak het, was ’n 1941 Tiger Moth en het groot belang­stel­ling ­uitge­lok.

’n Groot eer het die 17-ja­ri­ge Richard Ni­chol­son (jnr.) van Modimolle te beurt ge­val toe hy die Sunset-for­ma­sie in sy Bushbaby-vlieg­tuig gelei het, saam met groot gees­te Beamish, Wooll, akro­batiese kampioen en Boeing-kap­tein Ivan van der Schaar, kapt. De­rek Hopkins en Gregory Clegg wat dui­sen­de vlieg­ure tus­sen hul­le het.

Ni­chol­son het ’n privaat vlieglisensie (PPL).

Vier le­de van die Pre­to­ria Boys High Aeronautical Society het die vlieg­tuie ge­durende die dag ge­or­ga­ni­seer.

Wim­pie Ger­ber, wat ver­bon­de is aan die Suid-Afri­kaan­se Lug­mag-foto­gra­fie­klub, het aan Die Pos ge­sê die af­ge­lo­pe na­week was ’n fees vir eni­ge lug­vaart­lief­heb­ber.

“Ek was ver­al beïn­druk met die hoeveelheid vlieëniers wat teenwoordig was. Die hoog­te­punt vir my was die Flying Lions, wat on­der lei­ding van Scul­ly Le­vin met die Texan T-5, of die ou Harvards soos die mees­te mense dit ken, die toe­skou­ers met hul lug­toer­tjies vermaak het.

“Ek wil die or­ga­ni­seer­ders en al­mal wat ag­ter die skerms be­trok­ke was, ge­luk­wens met goeie werk,” het hy ge­sê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button