Local sportSport

Rolbalspelers vereer

Die Nylstroom-rolbalklub het op Saterdag 13 Julie hul jaarlikse toekennings tydens hul algemene jaarvergadering uitgedeel.

Die klub se uitblinkers is beloon met trofeë en sertifikate vir ’n jaar se fyn mik en reg rol van die balle.

Judy Broodryk en Willem van Hulst is gekies as die beste voorgee-paar.

 

Judy Broodryk is aangewys as die Nylstroom-rolbalklub se wenner in die vroue enkelspel (ope-afdeling).

 

Willem van Hulst is aangewys as die wenner in die mans enkelspel (voorgee-afdeling).

 

Addie Schoeman is aangewys as wenner in die vroue enkelspel (voorgee-afdeling). Sy is ook gekies as wenner in die tweebal-enkelspelafdeling vir vroue.

 

Roelof Crous is die Nylstroom-rolbalklub se wenner in die tweebal-enkelspelafdeling vir mans.

 

Hans Coetzee en Antonie Abrahamse is aangewys as wenners in die manspare-afdeling. Die mededinging was baie straf in dié afdeling.

 

Rina Coetzee en Marianna Ueckerman is aangewys as die beste span in die vrouepare-afdeling.

 

Lucy Hoepfner en Roelof Crous was die klub se weners in die afdeling vir gemengde pare.

 

Die Nylstroom-rolbalklub het Tobie Prinsloo aangewys as die mansspeler wat vanjaar die beste vordering gemaak het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button