Local sportSport
5150-Iron Man- kompetisie hiér
Bela-Bela-inwoners en besoekers kan solank hul naweek beplan vir wanneer die Standard Bank 5150 driekampkampioenskap op Saterdag 17 Augustus by Forever Resorts plaasvind.

Atlete skop af met die 1,5 km swem wat in die oord se ski-dam sal plaasvind.
Die skof word gevolg deur ’n uitmerge-lende 40 km-fietsren vanuit die dorp op die Alma-pad en weer terug.
In die laaste skof word die fietse verruil vir hardloopskoene en dan pak hulle die 10 km-wedloop aan wat binne die oord se terrein sal plaasvind.
Inwoners en besoekers word gemaan om versigtig te bestuur en bedag te wees op moontlike vertragings in Chris Haniweg, Luna-, Hospitaal-, Moffat-, Grobler- en Robertsonstraat.
Die geleentheid lok jaarliks honderde besoekers wat van oraloor die Bosveld-gasvryheid kom ervaar.
Inwoners word genooi om toeskouers van dié geleentheid te wees en te deel in die pret van goeie sportmangees.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.