Local sportSport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Die ge­wil­de park­run in Modi­mol­le word steeds nie aangebied nie, het Annette van Dyk van dié or­ga­nisa­sie aan Die Pos ge­sê. “Ons moet wag vir toe­stem­ming van die in­ter­na­sio­nale en Suid-Afrikaan­se park­run-orga­ni­seer­ders voor­dat ons weer kan weg­spring. Ons word oor­val met na­vrae van men­se wat gre­tig is om weer te stap en hard­loop,” het sy gesê. Dui­sen­de men­se neem deel aan die 225 park­runs wat op Sater­dagoggen­de reg­oor die land ge­hou word. Deel­ne­mers kan die 5 km-af­stand stap of draf. Modi­molle se park­run (foto bo) is voorheen op die mooi kronkelpaadjies van die Koro Creek-gholf­land­goed ge­hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button