Local sportSport
Duiweboere reg vir lang afstande
Die mededinging onder duiweboere van die Sonskyn-duiweklub in Bela-Bela raak al hoe feller.
Klublede se duiwe sal dié komende naweek hul staal wys wanneer hulle oor die langste afstand van die seisoen deelneem.
Die afgelope twee wedvlugte, wat vanaf Kimberley en Brandfort plaasgevind het, was goeie voorbereiding vir dié naweek se wedvlug van Britstown oor ’n uitmergelende afstand van 850 km.
Die duiwe het in die derby- en ope-afdeling goeie tye vanaf Kimberley behaal.
Frank Ferreira se duif was eerste in die derby-afdeling met ’n tyd van 15:52:11 en Pierre Niemand se topduif het koning gekraai in die ope-afdeling met ’n tyd van 15:16:25.
Duiwe wat vanaf Brandfort tydens die Kroonvaal-ope toptye behaal het, was dié van André Sol, Ferreira, Pierre Niemand en Van Reenen Cloete wie se duiwe die afstand tussen 12 en 13 ure voltooi het.
You can read the full story on our App. Download it here.