Local sport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Honderde geesdriftige rugbyseuns het op Donderdag 27 April aan die Bokkieweek-rugbyproewe in Mookgophong deelgeneem. Wihan van Niekerk van Laerskool Nylstroom is hier vasberade op pad doellyn toe.
Rudolph Kirstein, Dirk Nortman en Zardus Coetzee van Laerskool Nylstroom is gekies vir die Streek 1 Waterberg o.13-rugbyspan. Hulle neem op Saterdag 6 Mei deel aan die finale Limpopo-Bloubulle proewe.
Ses netbalspelers van Hoërskool Nylstroom is gekies vir die Limpopo-netbalspanne. Hulle is Amy-Jane de Villiers (o.15), Tariro Nkosi (o.17), Mieke Mienie (o.16 reserwe), Bontle Sekgala (o.17 reserwe), Maomela Chauke (o.18) en Sybrie van der Merwe (o.18).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button