Local sport

Gimnaste stap weg met vyf SA-medaljes by kampioenskap

Die Ecarté-gimnastiekklub in Modimolle het vanaf 30 September tot 5 Oktober aan die Suid-Afrikaanse Gym Games in Pretoria deelgeneem.

Vyftien artistiese gimnaste en vyf tuimelaars het teen die bestes in die land meegeding.

Artistiese gimnaste van die Ecarté-gimnastiekklub in Modimolle het op 29 en 30 September aan die Zone vlak 1 tot 3 kampioenskap deelgeneem.  Daar het 555 gimnaste van Gauteng, Noord-Kaap, Noordwes en Limpopo meegeding. Die Ecarté-gimnaste het altesaam 13 goue-, vyf silwer- en twee bronsmedaljes huis toe gebring.  Voor lê Dinkwanyane Phasha (goud). In die middel staan Corli Joubert (goud en Zone-kampioen), Mienke Laurens (goud), Leanette Oberholzer (silwer), Adriaan van der Colff (goud en Zone-kampioen), Rikus Röntgen (goud), Kerneels Laurens (silwer), Mieke Joubert (silwer) en Karli Venter (goud).  Agter staan Chelsea Marie (goud), Martiné Marais (goud), Juanique Seegers (goud en Zone-kampioen), Phuthego Masibe (brons), Nikita van Staden (brons), Nondumiso Mahlangu (goud), Shela Ledwaba (goud), Raesetja Masemola (goud), Emma Boonzaaier (silwer), Clarissa Timmerman (goud) en Ariella Quinlan (goud).  Hul afrigters is Charléne Engelbrecht en Marinda Coetzer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button