Tiaan en Babsie Crafford, meestersatlete van die Kokanje-aftreeoord in Modimolle, het op 27 en 28 Oktober aan die Vrystaatse Meestersatletiek-kampioenskap deelgeneem. Tiaan het in die kategorie vir 75 tot 79 jaar goud vir verspring verwerf en Babsie het in dieselfde ouderdomskategorie vir vroue sewe silwermedaljes verwerf vir vyfkamp, hamergooi, gewigstoot, gewiggooi, werpskyf, Griekse werpskyf en spiesgooi.
Rudolph Kirstein en AB de Villiers, twee gr. 7-leerders aan Laerskool Nylstroom, is verkies tot die o.13-krieketspan vir Limpopo. Die provinsiale toernooi vind vanaf 2-5 Desember by Eas- terns Cricket Club in Benoni plaas.Laerskool Nylstroom se eerste krieketspan eindig hul seisoen as Limpopo-kampioene nadat hulle met 31 lopies gewen het. Die span het in die finaal teen Unicorn Preparatory School van Tzaneen in Polokwane te staan gekom en om die titel meegeding op Pietersburg Hoërskool se krieketveld. Dirk Nortman is aangewys as Speler van die Wedstryd, Rudolph Kirstein as Bouler van die Wedstryd en Arnu Grové as Kolwer van die Wedstryd. Voor is Dirk Nortman en Arnu Grové. In die middel is Paul du Plessis, Tiaan Koelewyn, Skalk Bothma en Jan-Louis van Biljon. Agter staan Roelf Vorster (afrigter), Anton Badenhorst, AB de Villiers, Henco Marx, Rudolph Kirstein (kaptein), Zardus Coetzee, Jayden Venter, Johan van Zyl en Ruddi Kirstein (afrigter).
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.