Mokopane-karatekas behaal weer sukses
Die Kimura Shukokai-karateklub in Mokopane het ’n jaar van uitstekende prestasies, intense uitdagings en suksesse beleef.

Die klub het aan verskeie toernooie deelgeneem en uitgeblink in die Bushido-toernooi in Edenvale, Johannesburg. Sewe karatekas, insluitend sommige wat vir die eerste keer deelgeneem het, het hul passie op die tatami-matte gewys en ’n merkwaardige tien medaljes verower. Vir die beginners was dit ’n ontwikkelingstoernooi, terwyl dit vir die ouer karatekas ’n geleentheid was om voor te berei vir kompetisies en gradering.

Die Kimura-klub het ook aan die Limpopo-kampioenskap in Polokwane deelgeneem waar Zimbabwe as gasheer opgetree het. Die karatekas het uitgeblink in kata en kumite. Die 15 karatekas het Mokopane se naam hoog gehou en 29 medaljes verower.

wer. Voor is Jonathan Makondo (brons en silwer), Zian Smith (twee silwer) en Yusuf Ghoord (twee brons). In die middel: Mosa Ramokolo (silwer en brons), Shane Kern (goud en silwer), Mianke Fourie (silwer en brons), Tianne du Preez (silwer en brons) en Anissa Botha (twee goud). Agter is sensei Nalita, Shaylan Chetty (twee brons), Dominique Shields (twee brons), JJ de Visser (goud en silwer), Juazelle Hamilton (goud en silwer), Divan Fourie (goud en silwer) en Carla Fourie (goud en silwer).
Nege uitblinkers het ook hul vaardighede tydens die Suid-Afrikaanse nasionale kampioenskap by die Universiteit van Witwatersrand (Wits) in Johannesburg ten toon gestel. Daar het hulle indruk gemaak deur 17 medaljes te verower.
Die karate-klub (dojo) het op alle kampioenskap toernooie uitstekend gevaar en gedurende die jaar verskeie hoogtepunte behaal. Die sukses van elke karateka is te danke aan die betrokkenheid van elke ouer, die toewyding van die karatekas self en die deeglike werk van die afrigtingspan onder leiding van sensei Nalita Gouveia.