Bulle in die Bosveld: Is jóú kaartjie al gekoop?
Rugbykoors loop hoog in die Bosveld met ondersteuners wat hul vlae afstof en rugbytruie uithaal.

Die Vodacom Bulls en die Valke pak mekaar Vrydagaand, 16 Februarie op Hoërskool Nylstroom se rugbyvelde in ’n opwarmingswedstryd vir die seisoen wat voorlê. Dit is die eerste keer dat ’n professionele rugbywedstryd in hierdie omgewing gespeel word.
Plaaslike rugbymanne staan reg om hul vernuf te wys met die Nylstroom-rugbyklub wat die Naka Bulle-vyftiental in die voorwedstryd sal pak. Bulletjie, die gelukbringer, besoek die oggend verskeie skole in die omgewing.

Die Bulls se span sluit vier spelers in wat vantevore al vir die Springbokke gekies is, naamlik Nizaam Carr, Lionel Mapoe, Cornal Hendriks en Cyle Brink. Die Bulls se voorry sluit in Jacques van Rooyen, Robert Hunt, Tielman Nieuwoudt, Khuta Mchunu, Sebastian Lombard, Tiaan Lange, Juann Else, Merwe Olivier, JF van Heerden, Phumzile Maqondwana, Mihlali Mosi, Cyle Brink, Nizaam Carr, Abulele Ndabambi en Corne Beets. In die agterry is Steven Nel, Bernard van der Linde, Chris Smith, Sibongile Novuka, Cornal Hendricks, Lionel Mapoe, Barend Smit, Cornel Smit, Stravino Jacobs, Regan Izaks en Carlton Bannies.
Bulls-direkteur en voormalige Springbok-afrigter Jake White sal die wedstryd bywoon saam met ander topbestuurslede.

Willem Strauss, president van die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) het aan Die Pos gesê dat hulle die wedstryd sal gebruik om die diepte van die Bulls se span te toets.
Die Valke se afrigter, JP Immelman, sê sy span staan gereed vir hul kragmeting teen die Bulls. Die Valke se voorry sluit in Wiaan Schmidt, Pierre Rabie, Cohen Kiewit, Mihlali Stamper, Andrew Volschenk, Massimo Fierro, Godfrey Muzanargwo en Zingisa April.
In die agterry draf die volgende spelers uit: Luciano Elias, Keagan Fortune, Valentino Wellman, Yanga Hlalu, Musa Tshabalala, Chadrack Tshimanga en Sergio Stalmeester. Die reserwes sluit in Jannes Snyman, Kayden Kiewit, Blaine Golden, Thabo Ntunja, Rianiel Turner, Ricardo Fourie, Anrich Richter, Liam Kloosman, Andrew van Wyk, Ezrick Alexander, Emmanuel Kayakese, Dash Mafuma en David Twala.
Die toegangsfooi is R20 vir volwassenes en R10 vir skoliere. Kaartjies is beskikbaar by Hoërskool Nylstroom, sowel as by die hekke. Die hekke open om 15:00 met die voorwedstryd (Nylstroom rugbyklub teen Naka Bulle) wat om 16:30 afskop. Die Blou Bulle XV en die Valke pak mekaar om 18:30.