Local sport

Skeie klap by Limpopo Jukskei-liga

Altesame 14 spanne het op Saterdag, 3 Februarie, deelgeneem aan die Limpopo Jukskei-liga by Die Oog-aftreelandgoed buite Mookgophong. Die kompetisie was taai, maar die wenners het met oortuiging gewys hulle is bobaas.

Die Tarentale-span van Mokopane het die A-afdeling gewen. In die B-afdeling het die span Voetstoots hul teenstanders oorrompel en die kompetisie hul eie gemaak. Die Naboomspan het ’n skitterende oorwinning in die C-afdeling behaal.

Die oorhandiging van die trofeë is gedoen deur Peet Jonker van Die Oog wat die gemeenskaplike gees van vriendskap en mededinging wat deurgaans teenwoordig was, beklemtoon het.

Die afdeling B-wenners was die span Voetstoots. Hier is Peet Jonker (Die Oog-landgoed), Karin Knoetze, Gerhard Knoetze, Tracy Knoetze. Afwesig: Francois van Zyl.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button