Local sport

Dorpspanne se liga skop eersdaags in Limpopo-Suid af

Die rugbyliga in Limpopo-Suid skop eersdaags af met plaaslike spanne wat sake gaan uitspook.

Op Vrydag 12 April speel die Mogol-klub se tweede span teen die Kwaggas van Bela-Bela by die Mogol-rugbyklub in Lephalale. Die twee eerste spanne takel mekaar daarna.

Die Siyanda-rugbyklub meet op hul tuisveld kragte teen die span van Naboomspruit-rugbyklub. Die eerste en die tweede spanne van Nylstroom-rugbyklub draf op teen die spanne van Loskop-rugbyklub op Hoërskool Nylstroom se rugbyvelde.

Op Vrydag 26 April kom die eerste- en tweede spanne van die Siyanda-rugbyklub en Nylstroom teen mekaar te staan op Siyanda se tuisveld. Die span van Loskop ontmoet die span van Vaalwater by die Chris Wiid-stadion in Groblersdal en Naboomspruit en die Kwaggas spook dinge uit by Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong.

Op Vrydag 10 Mei takel die Kwaggas se twee spanne weer die Nylstroom-rugbyklub by Hoërskool Warmbad en Amandelbult se span draf op hul tuisveld uit teen die span van Vaalwater. In Lephalale speel die Mogol-span en Naboomspruit teen mekaar.

Op Vrydag 24 Mei pak die Kwaggas se eerste en tweede spanne die manne van Loskop by Hoërskool Warmbad en Nylstroom en Mogol spook dinge uit by Hoërskool Nylstroom. Siyanda en Amandelbult speel teen mekaar op Siyanda se tuisveld.

Op Vrydag 7 Junie is dit Nylstroom se eerstes teen Naboomspruit by Hoërskool Hans Strijdom en Amandelbult op hul tuisveld teen die Kwaggas se eerstes. Vaalwater en Siyanda speel teen mekaar in Vaalwater.

Op Saterdag 8 Junie speel Mogol se spanne op hul tuisveld teen Loskop. Op Vrydag 21 Junie is dit Vaalwater teen Naboomspruit in Vaalwater en Nylstroom se eerstes teen Amandelbult by Hoërskool Nylstroom. Op Saterdag 22 Junie draf Loskop se twee spanne uit teen Siyanda by die Chris Wiid-stadion. Op Vrydag 5 Julie is dit die Kwaggas se twee spanne teen Siyanda by Hoërskool Warmbad en Mogol op hul tuisveld teen Vaalwater se manne. Loskop en Amandelbult kom teen mekaar te staan by Amandelbult.

Op Vrydag 2 Augustus is dit Nylstroom teen Vaalwater by Hoërskool Nylstroom, Siyanda se twee spanne teen Mogol by die Siyanda-rugbyklub en Naboomspruit teen Amandelbult by Hoërskool Hans Strijdom.

Die semi-finale word op Vrydag 16 Augustus gespeel met die finale wat op Vrydag 30 Augustus plaasvind. Die Noord- en Suidstreek se wenners pak mekaar op Saterdag 14 September.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button