Local sport

Karate kweek selfvertroue en bou karakter

Selfverdediging is vandag van kardinale belang vir kinders in ’n wêreld vol onsekerheid en gevare.

Een van die doeltreffendste maniere om hierdie vaardighede aan kinders te leer, is deur die beoefening van karate. Karate bied nie net fisieke selfverdedigingsvaardighede nie, maar dit bevorder ook ’n gesonde leefstyl wat dissipline, respek en selfbeheersing insluit.

Pretty Mojela en Andreas Enslin aan die oefen.

Monique Von Stade, Waterberg Karate-klub se klubbestuurder beklemtoon dat boelies ’n toenemende realiteit vir kinders is, en karate bied nie net aan kinders die fisieke vaardighede nie, maar leer hul ook hoe om met selfbeheersing in konflik situasies op te tree. Karate kweek ook selfvertroue en selfrespek by kinders wat noodsaaklike verweer teen boelies is. Die kind se leierskap word ook positief ontwikkel en hul tree met selfvertroue op.

Volgens Monique is die aktiewe aard van ’n karateklub ’n omgewing waar kinders saam kan groei en lewensvaardighede kan aanleer en hul sluit hegte vriendskappe daar. Met die dat daar seuns en meisies in die klub meeding, verbeter hul hul sosiale vaardighede ook. Hulle word inderwaarheid toegerus vir die toekoms.

Vir meer navrae oor selfverdediging en die dissipline van karate kan Monique von Stade van Waterberg Karate Academy gekontak word by tel. 078 302 2515.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button