Local sport

Hiérdié hokkie-bokkies is reg vir aksie

Die hokkiespelers van Hoërskool Warmbad se tweede hokkiespan het op Woensdag, 24 April gewys dat hulle gereed is om die liga te domineer nadat hulle 2-1 teen Hoërskool Nylstroom gewen het.

“Dit was ’n uitmuntende eerste ligawedstryd. Die spelers het puik gespeel en die bal tot op die einde toe verdedig. Nylstroom het laat in die tweede helfte ’n doel aangeteken. Die spelers het net drie dae geoefen en wys reeds dat hulle nie gaan terug staan hierdie seisoen nie. Hier kom ’n ding!” het afrigter en onderwyser, Beverly Cramer aan Die Pos vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button