Local sport
Jukskeispanne mik vir ’n wen
Die Local Choice-apteekgroep en ander borge het dit moontlik gemaak dat nie minder as 20 jukskeispanne op Saterdag, 13 April aan ’n ope-dag in Mookgophong kon deelneem.

Die spanne wat teen mekaar meegeding het, was van Leeupoort met twee spanne, die Tarentale van Mokopane en die Wawiele van Pretoria het elk een span gehad, Bela-Bos van Bela-Bela het twee spanne ingeskryf en Naboom- en Maroelaklub het elk vier spanne in die kompetisie gehad.
Die spanne wat baie goed gespeel het, is die van Naboom-klub en hulle is ook as die wenners in die B-afdeling aangewys.
Leeupoort was die wenners in afdeling C-1 en die Wawiele-klub van Pretoria was bo aan die lys in die C-2-afdeling.
Al die spelers het hul dank uitgespreek teenoor die borge en organiseerders.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.