Local sportSchools

Warries-netbal vier jare se verbintenis

"Dit is ’n eer om ’n lang termyn ooreenkoms met Hoërskool Warmbad te hê." — SuperSpar Bela-Bela

Vanjaar is SuperSpar Bela-Bela reeds 23 jaar die borg van Hoërskool Warmbad se netbalspanne. ’n Verbintenis wat onomwonde nog altyd tot die Warries se voordeel gestrek het.

Cathy Janse van Vuuren netbalafrigter van Hoërskool Warmbad vertel hoe sy in 2001, as netbalorganiseerder, gespook het om ’n borg vir Hoërskool Warmbad se netbalspanne te bekom. KFC het toe die skool se rugby geborg, en Pick’n Pay het hul gewig agter die hokkiespanne ingegooi.

Die Warries se o.14-span is Oratile Phahlane, Ntsako Mahlaula, Nonini Mahlaula, Zelné Lepart, Wame Maropola, Blessing Nkuna, Boitumelo Maponya en Lezanne Coetzee (SuperSpar Bela-Bela).

Die Warries se eerste netbalspan het in daardie stadium nie eens oor hul eie unieke eerste spandrag beskik nie. In dieselfde jaar het die skool se eerstespan die prestasie behaal om gekies te word om aan die gesogte Noordvaal-kompetisie deel te neem.

In ’n wedstryd teen Hoërskool Waterkloof het die eerstespan meisies hul wens uitgespreek vir hul eie unieke sportdrag, nadat hulle die rompies gesien het wat die span van Hoërskool Waterkloof gedra het. Saam is daar besluit om Carel Coetzee, die eienaar van SuperSpar Bela-Bela te nader vir ’n borgskap. Eie aan sy aard het hy dadelik ingewillig en homself en die maatskappy verbind tot netbal by Hoërskool Warmbad.

Hy dra elke jaar ruim by tot die meisies se droom sport-uitrustings en het op meer as een geleentheid gesê dit bly vir SuperSpar ’n voorreg om met dié sport verbind te word. Spar is ook die hoofborg van die nasionale Protea-netbalspan.

Die netbalafrigters van Hoërskool Warmbad is Jandri de Bruin, Marnel Snyman, Leo-né
van Wyk, Lezanne Coetzee (SuperSpar Bela-Bela), Janet Strauss, Cathy Jansen van Vuuren en Betty Lamola.

Voorts het “oom Carel” soos die meisies na hom verwys, gesê dat hul ’n lang termyn ooreenkoms met Hoërskool Warmbad vir hul ’n eer is. Hy het sy woord gestand gedoen en na 23 jaar is hy en SuperSpar steeds die netbalmeisies se helde. Coetzee het by navraag gesê dat hy trots is om deel van Hoërskool Warmbad se netbal geskiedenis te wees.

Me Van Vuuren het beklemtoon dat alle eer aan SuperSpar en Coetzee gegee moet word. Sy sê dat sy soms skuldig voel oor hoeveel hulle bereid is om te borg, en dat Coetzee nog nooit nee gesê het as die skool met enige versoek aangaande die netbal na hom gekom het nie. Sy het ook haar dank teenoor Lezanne Coetzee van SuperSpar uitgespreek met wie hulle deesdae baie nou saamwerk.

SuperSpar Bela-Bela was ook vir ongeveer tien jaar die borge van Hoërskool Warmbad se o.14 tot tweede rugby spanne.

Die mense van SuperSpar Bela-Bela se harte en hande is oop vir die gemeenskap. Hul is huidig ook die borge van Laerskool Warmbad se netbalspanne en het hulself ook daar verbind tot die ontwikkeling van netbal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button