Die eerste netbalspan (o.19) van Hoërskool Warmbad het op Saterdag, 25 Mei, deurge-dring na die DSTV Limpopo- kampioenskap. DSTV is die hoofborg en wedstryde sal later vanjaar op hul sportkanale uitgesaai word. Die Warrie-span sal op 31 Mei en 1 Junie deelneem aan die provinsiale toernooi op die bane van Hoërskool Ben Vorster in Tzaneen. Warries wys hul wie kan netbal speel en gaan hierdie jaar op nasionale vlak deelneem.
Laerskool Nylstroom se op-en-wakker o.11 A-netbalspan was naaswenners in die Waterberg-liga se groep 1. Voor is Jané Badenhorst, Riki Modisane en Oratile Moloto. Agter is Isabella Swart, Leandri van Deventer, Janika van Niekerk, Chazel Meyer en Arné Oosthuizen.Die o.10 A-netbalspan van Laerskool Nylstroom is naaswenners in die Waterberg-liga se groep 1. Voor is Joycelin van Zyl, Lizey Boshoff en Marloné Kleynhans. Agter is Sjarlé Korff, Nina Turvey, Matiné Marais en Karien Janse van Rensburg.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.