Local sportNewsSportSport

Spelers woeker met bal op bane en velde

Skaars is die spykerskoene en hekkies gebêre toe stof Hoërskool Warmbad se leerders hulle rugbystewels, netbalballe en hokkiestokke af vir die aanvang van die wintersportseisoen.

Die eerste vriendskaplike kragmeting tussen Warries en Hoërskool Erasmus van Bronkhorstspruit, is op Saterdag, 8 Maart, op die sportvelde van die skool gehou.
Die eindtellings van die wedstryde was nie deurslaggewend nie. Hoewel spelers hul beste gelewer het, was dié wedstryde ’n evaluasie geleentheid en is spelers met potensiaal geïdentifiseer om hul plekke in sekere posisies en spanne vir die ligawedstryde te bepaal.
Daar sal die komende naweek nog soortgelyke vriendskaplike proewe teen Hoërskool Louis Trichardt in Makhado gespeel word, voor enige spanne gefinaliseer word.
Die Warries se meisies o.15-netbalspan het beslis aangenaam verras met hul 15 elk gelykop uitslag teen Hoërskool Erasmus. Al het die ander Warriespanne hul wedstryde verloor, is waardevolle lesse geleer en die afrigters is in staat gestel om sleutelspelers te identifiseer vir die komende seisoen.
Een van die Warrie-rugbyspelers wat beslis dop gehou kan word, is Sibongisene Tshabalala, wat binne die eerste paar minute van die eerstespan se wedstryd, daarin geslaag het om deur te breek en die eerste drie van die wedstryd aan te teken.
Die eersterugbypan van Hoërskool Warmbad moes uiteindelik die knie buig teen Hoërskool Erasmus, met Thumelo Mokwena en Sky Halestone van dié besoekers wat op uitstekende wyse twee van hul vyf drieë kon druk.
Die eindtelling was 36-12 in die guns van die besoekers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button