Tree af in die Waterberg


Aftrede kan ’n groot avontuur wees
Daar is ouetehuise, aftreeoorde en dan is daar deesdae ook aftreelandgoedere.
Net soos die “gesig” van aftreebehuising die laaste paar dekades verander het, so het ook die hele idee rondom aftrede verander.
Aftrede mag die einde van ’n werksloopbaan beteken, maar deesdae is dit vir mense die begin van ’n hele nuwe lewe met nuwe keuses en uitdagings om na uit te sien. Die meeste hedendaagse afgetredenes sien die uitspanfase ná ’n formele loopbaan as ‘n avontuur wat ten volle geniet moet word en hul kyk eerder na die voordele as die nadele.
Kreatiwiteitskenner dr. Kobus Neethling bevestig hierdie siening en sê daar is nie iets soos ’n “regte” aftreeouderdom nie. Deesdae praat groot maatskappye, volgens Neethling, van “rerouting your life”. Dit is ’n energieke woord wat beweging impliseer om nuwe rigting aan jou lewe te gee.”
Dawie Roodt, een van die land se voorste ekonome, stem saam met Neethling dat hy nooit sal aftree nie. Behalwe vir die rampspoedige finansiële implikasies, voel Roodt “aftrede maak jou regtig oud”. Hy meen ouer mense het waardevolle ondervinding. Dit is net mense met dekades se ondervinding wat weet dat daar eintlik niks nuuts op aarde is nie.”
Mense wat ouer word en later (of nooit) aftree, vertel Roodt, verander die arbeidsmark aansienlik. “Ek het byvoorbeeld my werkslewe as ’n interne ouditeur begin. Toe rekenmeester, ekonoom, joernalis, kapitaalmarkontleder, direkteur, dosent en nou skrywer. Ek probeer nie spog nie, ek probeer net wys dat jou lewe nie meer uit een werk bestaan nie, maar dat daar wonderlike ander geleenthede ook is. Ek geniet my lewe!”
Die Pos fokus op die pragtige aftreeoorde en landgoedere wat in die Waterberg beskikbaar is vir diegene wat hul aftrede te beplan. Ook mense wat reeds afgetree het, kan meer te wete kom oor mediese dienste en die spesiale aanbiedinge wat sakeondernemings in die Waterberg vir afgetredenes bied.
AFTREDE: Waar kom dit vandaan?
Leef en werk was soos vinkel en koljander — as jy geleef het, het jy gewerk. So was dit deur die eeue heen, tot kort voor die industriële rewolusie.
Buitengewone leefstyl
Daar is min plekke in Suid-Afrika waar ’n mens soveel rustigheid en gemoedsrus beleef as in die Bosveld.
Koro Ridge in Modimolle is só tipe plek.
Bosveld op sy beste!
Die ontwerpstyl van die geboue van Negester Klein-Kariba bied ‘n kontemporêre interpretasie van historiese Laeveldse plaasargitektuur.
