Tsekama Lodge

Die plek om skuins te lê

Meer as net die 'gewone' trouplek

Die dinamiese span by Tsekama Lodge sorg dat elke geleentheid of troue wat aangebied word, uniek is en seepglad verloop. Op die foto is (voor) Clem Ferreira (sjef) en agter hom Marinda Turvey (eienaar) en regs van haar Yolanda Jooste (blomme en dekor) en Schalk Burger (platejoggie). Voor links is Marise Diamond (sjef), Amone van Blerk (dekor en tafelbediening), Alwyn de Beer (kroeg) en Elma van Blerk (Die Shack).

 

Tsekama beteken “plek om skuins te lê”.

Dit is presies wat die eienaars, Willie en Marinda Turvey, in gedagte gehad het toe hulle dié eiendom, 24 km buite Modimolle op die Marble Hall-pad, vir hul “aftrede” geoormerk het — ’n plek om skuins te lê.

Die aftreeplan word toe ’n stokperdjie en die stokperdjie word toe ’n sakeonderneming.

Tsekama het die afgelope jare tot veel meer ontwikkel as slegs ’n skuinslêplek vir gaste. Dit is ideaal vir spoggesellighede, maar veral vir die pragtroues wat by dié lodge aangebied word.

 

 

Die lodge is geskik vir tussen 80 en 300 gaste, maar het al met ’n vrouegeleentheid 500 mense gehuisves.

Daar is ’n pragtige kapel op die terrein waarin 250 mense kan sit, asook slaapplek vir 52 mense.

Marinda glo daaraan om met die bruidspaar om ’n tafel te sit en elke aspek van hul troudag deeglik te bespreek. Elke troupakket word volgens ’n paartjie se spesifieke behoeftes saamgestel wat onder meer blomme, die musiek, dekor, troukoek en spyseniering insluit — en trougaste kan gewoonlik nie uitgepraat raak oor die kos nie. ’n Kontantkroeg is deel van die pakket, maar as ’n paartjie byvoorbeeld hul eie vonkelwyn wil bring, word die pakket daarvolgens aangepas.

Daar is ’n bekwame span wat hard agter die skerms werk om die troudag perfek te laat verloop.

Tsekama se span staan selfs reg vir ’n braai vir vriende en familie die aand voor die troudag. Die gaste bring hul eie vleis en Tsekama sorg vir die vuur en bykosse.

Buiten troues, konferensies, spesiale geleenthede soos verjaarsdae en herdenkings, sien Tsekama se span ook nog kans vir feeste.

Tsekama is reeds volbespreek vir troues in 2018. Bruidspare moet dus vroegtydig bespreek indien hulle in 2019 by Tsekama voor die kansel wil staan. Daar is egter nog plek vir gesellighede gedurende die week.

Die The Shack, is ook ’n kuierplek op die plaas waar gaste kan smul aan heerlike koek en boeretroos (sien ook berig in Waterberg Leefstyl

Vir besprekings of meer inligting oor Tsekama, bel vir Marinda by tel. 082 416 2363 of Ilze by tel. 084 497 8388 of stuur ’n e-pos na info@tsekama.co.za(.) Besoek ook Tsekama se webblad of Facebook-blad.

Elke foto ’n meesterstuk

Verbeel jou net… ’n seremonie in die natuurprag van die Bosveld, ’n oorvloed van wildlewe wat insluit: renosters, kameelperde, sebras en ’n verskeidenheid boksoorte.

Ons sal omsien na jou ‘groot dag’. Vir ’n sorgvrye, ontspanne en stresvrye trouseremonie, doen ons die beplanning vir jou. By Tsekama maak ons seker dat al jou drome waar word.

Neem kennis dat ons ’n minimum van 80 en maksimum van 300 gaste kan akkommodeer.

Ons troupakkette is spesiaal ontwerp om by elke paartjie se persoonlike styl en begroting aan te pas. Tafels, linne, stoele, breekware, eetgerei en glase word deur ons voorsien. Blomme asook ’n wye verskeidenheid toerusting is  beskikbaar.

  • Musiek
  • DJ
  • Troukoeke

Tenvolle gelisensiëerde kroeg. Gaste is welkom om hul eie wyn te bring. ’n Kurkfooi is betaalbaar.

Spyskaarte kan aangepas word soos nodig – of dit nou ’n sjampanje-0ntbyt, middag- of aandete is. Die uitsig oor die dam, ’n romantiese boma by die vuur, of onder die sterre, maak elke geleentheid ekstra spesiaal.

Akkommodasie vir 42 mense in 18 luukse eenhede is beskikbaar.

Tsekama bied volledige troupakkette wat slegs die beste persoonlike diens en aandag insluit. Ons koester die drome en wense van elke bruid en bruidegom en gaan graag daardie ekstra myl om seker te maak dat daar na al die vereistes omgesien is.

Tsekama beskik oor die perfekte lokaal vir daardie ekstra tikkie sprankel en styl op jou troudag. Besoek Tsekama vir die ideale vreedsame, skilderagtige en romantiese atmosfeer.

KONTAK ONS

Marinda : +27(0) 82 416 2363
Ilze : +27(0) 84 497 8388

info@tsekama.co.za
Sien ook kaart

Neem kennis: Ons akkommodeer ’n minimum van 80 gaste en ’n maksimum van 300 gaste.

 

AANWYSINGS NA TSEKAMA

  • Vanaf N1-noord in rigting van Polokwane (Pietersburg).
  • Neem die Kranskop-tolhek naby Modimolle (Nylstroom) en neem die regter afrit oor die snelweg.
  • Ongeveer 24.4 km aan linkerhand is ons hek, gemerk: Tsekama.
Back to top button