Fantasiewêreld skuil tussen storieboeke se bladsye
Trotseer die winterkoue met ’n goeie boek en ’n snoesige kombers.
Die Leeskring in Modimolle het weer verskeie nuwe boeke op hul rakke uitgepak. Die Afrikaanse boeke sluit in Francois Bloemhof se Dieretuin, Stefaans Coetzee se Wit Wolf, Francois Loots se Spook in die Huis, Chanette Paul se Lira en Jan van Tonder se Roepman.
Onder die Engelse boeke is David Baldacci se The Fallen, Michael Connelly se Dark Secret Night, Robert Galbraith se Career of Evil, Tami Hoag se Deeper than the Dead, Susan Lewis se The Secret Keeper, James Patterson se 13 Minute Murder, Michael Rogotham se The Secret She Keeps en Karen Rose se Death is Not Enough.
Die Leeskring het ook skenkings ontvang en John Grisham se The Innocent Man, Robert Ludlum se The Janson Command en Sara Molliner se The Whispering City is ook vir lesers beskikbaar.
Lesers kan boeke op Maandae en Donderdae van 09:00 tot 12:00 en van 14:00 tot 17:00 uitneem. Die Leeskring is in Steve Tshwetestraat 13 in Modimolle.
Vir meer inligting, bel vir Marthie Alberts by tel. 082 441 9047 of tel. (014) 717 5080 of vir Elsie Koch by tel. 072 249 1205.