‘Leer’ jou brein hoe om optimaal te funksioneer met dié beproefde metode
Dit is moontlik om jou brein te “leer” hoe om die beste uit elke moontlike lewensituasie te haal.

Volgens Janneke Dykema, ’n oudleerder van Laerskool en Hoërskool Warmbad en opgeleide praktisyn in die bekende Neethling Brain Instruments-tegniek (NBI), kan die regte denkpatrone mense help om die meeste uit elke denkbare situasie te haal.
Die NBI-tegniek is oor ’n tydperk van meer as 30 jaar deur die wêreldbekende breinkenner dr. Kobus Neethling, onder die mentorskap van prof. Paul Torrance van die Universiteit van Gerogia, ontwikkel en verfyn en is gemik om persoonlike en professionele groei te stimuleer.
Die tegniek is geskoei op ’n vraelys waardeur mense se voorkeure en denkpatrone bepaal word.
Denkpatrone beïnvloed die manier hoe ’n mens kommunikeer, besluite neem, probleme oplos en hul omgewings bestuur.
Mense wat hul eie denkpatrone verstaan, kan ’n nuwe perspektief oor hulself en hul interaksie met diegene om hulle kry.
Danksy opleiding in dié veld word mense geleer hoe om meer doeltreffend te kommunikeer, sake te doen, te leer en onderrig te word, hoe om leefstyluitdagings te hanteer en probleme op te los.
Die tegniek is veral doeltreffend wanneer dit kom by die oplossing van konflik in ’n mens se persoonlike- en werksopset, om kreatiwiteit en leierskap te verbeter, om die beste mense vir jou sakeonderneming aan te stel, loopbaankeuses te maak en uitdagings op sportgebied te hanteer.
Kontak Janneke Dykema by tel. 082 4451 5604 vir meer inligting en opleiding oor die NBI-tegniek.