Motoring
Tolhektariewe ruk ryers se sak
Motorryers het met skok verneem van die prysverhoging in tolgelde wat vanaf Woensdag 1 Maart in werking tree.

Die Pos het navraag gedoen oor hoeveel hierdie verhoging inwoners uit die sak sal jaag. Inwoners van Modimolle sal altesame R7 meer tolgeld betaal om Pretoria toe te ry en inwoners van Bela-Bela sal R6 meer moet opdok. Die Kranskop-tolhek (net vir motorryers vanaf Modimolle) kos R1 meer en kos nou R15.
Die Carousel-tolhek kos nou R67 (voorheen R62). Die Pumulani-tolhek kos R1 meer en beloop nou R14,50.
Swaarvoertuie met twee aste betaal R23 meer as voorheen van Modimolle af.
Die Nyl-tolplaza suid van Mokopane se koste vir motorvoertuie is nou R69 wat R4 meer is as voorheen.
Die tariewe word jaarliks aangepas in lyn met die verbruikersprysindeks en is onderhewig aan die goedkeuring van die minister van vervoer.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.