Ontevrede munisipale werkers versper dele van Mookgophong
Mookgophong is aan die brand.
Daar heers tans ’n gespanne situasie in Mookgophong waar ontevrede munisipale werkers paaie versper en buitebande aan die brand steek.
’n Woordvoerder van die groep mense het aan Die Pos gesê hulle is uiters ontevrede omdat hul salarisse hierdie maand nie betyds betaal is nie.
Oproeriges brand buitebande en versper tans van die strate. Inwoners word aangeraai om die dorp tot verdere kennisgewing te vermy.