Local newsSport

Rugbyspelers verhoor na onbesliste wedstryd

Drie Berge spelers hoor hul lot.

Heidelberg Rugbyklub het onlangs teen Vanderbijlpark in die Kestrel Liga kragte gemeet, in ‘n wedstryd wat nooit voltooi is nie.

Tydens die wedstryd, op 3 Junie, het die skeidsregter in die eerste helfte verskeie kaarte aan die spelers uitgereik vir oortredings.

Die meeste kaarte was aan Heidelberg se spelers uitgereik. In daardie stadium was die telling nog 0 elk gewees.
Heidelberg nie verder gespeel nie en het van die veld afgeloop.

Daar is daarna ‘n klagtes van aanranding deur die skeidsregter by die Valke Skeidsregtersvereeniging ingedien.
Heidelberg Rugbyklub het beswaar gemaak teen die skeidsregter – dat die kaarte ongeldig was en dat hy voorkeur aan Vanderbijlpark gegee het.

‘n Verhoor oor die aangeleentheid sou op 13 Junie plaasvind maar is uitgestel tot 20 Junie.

In die verhoor was drie van Heidelberg spelers aangekla.

Hulle klagtes is as volg:

Morné van der Sandt is aangekla van verbale aanranding, waarop hy skuldig bevind is en van fisiese aanranding van ‘n skeidsregter waarop hy onskuldig bevind is.

Van der Sandt is vir vier wedstryde geskors waarvan twee wedstryde opgeskort is op voorwaarde dat hy nie ‘n soortgelyke oortreding sal begaan nie.

Ryno Lategan is skuldig bevind op ‘n klagte van fisiese aanranding van skeidsregter. Lategan is geskors vir 16 weke waarvan 11 weke vir twee jaar opgeskort word op voorwaarde dat hy nie soortgelyke oortreding begaan nie.

Jason van Jaarsveld is aangekla van verbale aanranding, waarop hy skuldig bevind is en van fisiese aanranding waarop hy onskuldig bevind is.

Van Jaarsveld is geskors vir vier wedstryde waarvan twee wedstryde opgeskort is vir een jaar op voorwaarde dat hy nie soortgelyke oortreding begaan nie.

Al drie spelers het skoon rekords, wat in ag geneem in die uitslae van die sanksies.

Daar is verneem dat die skeidsregter bedank het voor die verhoor plaasgevind het.

Die ligapunte wat beskikbaar was in die wedstryd is aan Vanderbijlpark gegee.

Related Articles

Back to top button