VLU lede leer om te lyndans

Die volgende vergadering sal op 13 Junie wees met Elsa Greyling as die gasvrou.

Die VLU Nigel-tak het op 9 Mei hul 785ste vergadering gehad.

Hierdie tak is een van die oudste VLU takke en sal vanjaar hul 85ste bestaansjaar vier.

Annatjie van der Merwe was die gasvrou vir die dag en haar voorlesing van Jou Dat en Wat, wat so deurmekaar is, het die dames heerlik laat skaterlag. Die voorlesing het gegaan oor ‘n vrou se middeljare en hoe sy goed orals verloor, name vergeet en nie kan onthou waar goed gebêre was nie.

“Alhoewel die meeste van ons in ons middeljare onsself kan vereenselwig met vergeetagtigheid, kan ons steeds ‘n koppie tee drink en saam daaroor lag,” het sy gesê.

Annatjie het die lede toegespreek en gesê dat ‘n mens elke dag ‘n saadjie van liefde moet plant en daagliks die saadjie water gee om seker te maak die liefde groei.

Die dag se vermaak was deur die Silver Sparkle Lyndansers verskaf. Die groep het aan die vroue gedemonstreer hoe ‘n lyndans gedoen moet word.

Die volgende vergadering sal op 13 Junie wees met Elsa Greyling as die gasvrou. Vir navrae kan Elsa by 083 703 1763 gekontak word.

Exit mobile version