Local newsNews

Sy het 100 somers agter die rug

Sy was 14 toe Alexander Flemming penisilien ontdek het

HELENA Jacobs het op 28 Februarie haar 100ste verjaardag by Allenpark gevier.

Linda Shirley, haar dogter, het gesê dat haar ouers in 1961 na Kemptonpark verhuis het.

Helena se man, Dawie, is in 1971 oorlede. Shirley en haar broer Ockie, wat ook al oorlede is, het vir Helena ses kleinkinders gegee.

Shirley het vier seuns en Ockie twee dogters.

Jacobs is in Lichtenburg gebore en het op ‘n klein plaasskool op die plaas Nieverdient in die Marico-distrik skoolgegaan.

Sy het totdat sy 75 was as voedselopsiener by Tembisa-hospitaal gewerk.

Shirley het gesê toe haar ma 80 was, sy ‘n advertensie vir ‘n kursus wat mens leer hoe om leerbaadjies te maak, gesien het. Sy het toe vir Shirley en later vir Ockie se vrou gevra om die kursus by te woon sodat sy ook kon leer hoe om die baadjies te maak.

Maar hulle kon nie en Jacobs het toe self op 80-jarige ouderdom die kursus geloop, voltooi en vir al haar geliefdes leerbaadjies en handsakke gemaak.

Jacobs het gesê dat hoewel sy nie meer baie goed kan hoor nie, dit wonderlik is om 100 jaar oud te word.

Kemptonpark Raad vir Bejaardes wens Jacobs geluk met haar 100ste verjaarsdag.

Een van Jacobs se familielede het genoem dat sy 14 was toe Alexander Flemming in 1928 penisilien ontdek het. Hy het ook genoem dat sy 35 was toe die Voortrekkermonument in 1949 ingehuldig is en dat sy 61 was toe die eerste televisie-uitsending in Suid-Afrika plaasgevind het. Shirley het gesê dat hulle die inwyding van die Voortrekker Monument as gesin bygewoon het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button