Editor's choiceNewsSchools

Kenmare se oë en ore

Net in die afgelope maand het Patrick Baloyi vier misdadigers agter tralies laat sit.

Vir 10 jaar is Patrick Baloyi die oë en ore van Laerskool Kenmare – niks ontgaan hom nie en hy neem die veiligheid van die skool, sowel as dié van die kinders, op sy skouers.

Die 40-jarige sekuriteitswag van Kagiso het al menige voornemende misdadiger vasgetrek. Net in die afgelope maand het hy vier misdadigers agter tralies laat sit. Hy het ook gekeer dat daar by motors buite die skool ingebreek word. Die skool beloon Partick vir elke arrestasie wat tot ‘n vonnis lei.

Patrick Baloyi.
Patrick Baloyi.

“Dit was nie maklik nie. Ek moes seker maak dat hulle oortreders was. Ek is baie dankbaar vir die Sektor 8 Gemeenskapspolisiëringsforum se bystand,” het Patrick gesê.

Patrick het al verskeie sekuriteitskursusse gedoen, en het ook sy vuurwapenbevoegdheidsertifikaat verwerf.

Die personeel en ouers van Laerskool Kenmare bring hulde aan Patrick. Hulle voel bevoorreg om so ‘n toegewyde man as deel van hul span te hê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button