‘n Warmer winter vir Môreglans
Life Wilgeheuwel Hospitaal sorg vir 'n warm winter vir die inwoners van die Môreglans Tehuis.
Met ‘n koue briesie in die lug, wag daar darem ‘n warmer winter vir die inwoners van Krugersdorp se oudste tehuis, Môreglans Tehuis.
Die inwoners kan gerus voel nadat hulle ‘n vrag geskenkte goedere van die Life Wilgeheuwel Hospitaal ontvang het; dit sluit in 100 warm komberse, 50 stelle gordyne en 25 beddekens.
As deel van Life Wilgeheuwel Hospitaal se jaarlikse gemeenskapsbehoeftigeprojek het Krugersdorp-inwoner Riekie Morton die tehuis voorgestel as vanjaar se begunstigde.
“Ek het gevoel dat dit Krugersdorp se beurt is hierdie jaar,” sê Riekie Morton, verteenwoordiger van die hospitaal.
Verskeie gemeenskappe baat jaarliks daarby wanneer die hospitaal nuwe beddegoed en gordyne aanskaf.
“Ek wil baie dankie sê vir Esmé van der Schyff wat vir my die groenlig gegee het en die dokumentasie afgeteken het om voort te gaan met skenking vir Môreglans Tehuis.”