Verkenners vier Republiekdag
Die gemeenskap van Krugersdorp sak toe op die Paardekraal Monument met die viering van Republieke dag.

Jonk en oud het ‘n feestelike Republieke Boeredag-viering by die Paardekraal Monument op 1 Junie bygewoon.
Republieke Dag, wat voorheen op 31 Mei gevier is, word nou jaarliks op die Saterdag na 31 Mei by dié monument gevier.
Besoekers aan die monument het aan verskeie boeresports om die erfenis te baken, deelgeneem.
Vanjaar is die derde jaar wat die Paardekraal Verkenners met behulp van die Paardekraal Fees Kommissie hierdie geleentheid aanbied.
Besoekers kon prettig aan ‘n reis deur geskiedenis deelneem deur verskillende stalletjies te besoek en vrae te antwoord wat oor die boeregeskiedenis handel.

Later die middag kon die besoekers ‘n aanbieding bywoon deur die Paardekraal Verkenners wat oor Republieke Dag en die geskiedenis wat daarmee gepaard gaan, gehandel het .
Die betekenis sowel as geskiedenis van die 13 vlae uit die boeregeskiedenis was op die dag gehys en bespreek.
“Ons gebruik die dag om ons geskiedenis te vier,” sê Alwyn de Klerk, ondervoorsitter van die Paardekraal Verkenners.
Die gemeenskapslede wat die geleentheid misgeloop het, kan na die Paul Kruger-viering uitsien wat in Oktober sal plaasvind.