Local newsNews

Soek hulp na ondersoek skeefloop

Hy loop deesdae met krukke en verduur erge pyn.

John Schroeder (71) van Noordheuwel loop deesdae met krukke en reken dat dit die nagevolge van ‘n klein mediese ondersoek is wat hy verlede jaar in Oktober ondergaan het.

Hy vertel dat hy voortdurend erge pyn moet verduur nadat hy verlede jaar ‘n angiogram – ‘n mediese prosedure waarvolgens die binnekant van die bloedvate ondersoek word – gehad het. Uit radeloosheid vra hy nou die gemeenskap se raad oor wat hy kan doen om dié pyn te verlig.

“Ek het ‘n angiogram ondergaan omdat ek meeste van my sig na ‘n ligte beroerte verloor het,” verduidelik Schroeder.

“‘n Dag of twee na die ondersoek het ek rugpyn begin ervaar en daarna het dit vir my gevoel of ek weer ‘n heupvervanging gehad het, maar net erger. Sowat ses dae daarna was ek afhanklik van krukke.”

Schroeder sê dit is beslis nie sports om heeltyd die pyn te verduur wat reeds sy lae rug, heupe, sitvlak, lies, knie en ‘n gedeelte van sy been aangetas het nie.

“Volgens ‘n spesialis het dit niks met die angiogram te doen nie en hy asook ‘n plaaslike dokter kan my nie help nie.”

Schroeder sê hy het intussen al verskeie ondersoeke ondergaan waartydens X-straal- en sonarondersoeke gedoen is, maar selfs dit wys geen probleme nie.

“Nou wil ek weet of daar iemand is wat dieselfde probleem het en of daar spesialiste is wat my sal kan help deur die pyn te verlig.”

Mense wat Schroeder kan help of vir hom inligting kan gee kan hom by 011 954 3066 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button